Stay safe online. Now more than ever it’s important to be cybersafe. See our tips to help you stay safe online. Learn more
Skip Ribbon Commands
Skip to main content
Sanlam Investments
Skip Navigation LinksMedia Centre
 

Geld Is Net Waardevol as Ons Gelukkig Is

9 September 2021

Baie mense beskou finansiële beplanning as die bestuur van finansiële hulpbronne om persoonlike doelwitte te bereik. Tipiese gesprekke sal vrae insluit soos, “Met hoeveel sal my bates groei, hoe kan ek my portefeulje beskerm, en hoe sal my aftrede lyk?”

Alhoewel dit in die verlede nuttige vrae was, het ons geleer dat dit slegs deel van ’n meer omvattende gesprek uitmaak. Verskillende vrae wat meer oor betekenis en doel gaan, begin in ons gesprekke na vore kom.

Dis nie maklik om hierdie vrae te beantwoord nie (en soms hoef dit nie nou al beantwoord te word nie), maar dit help ons om ’n geheelbeeld te vorm van hoe ons graag ons welvaart vir ’n vervullende lewe sou wou aanwend.

Dis nie net ons welvaartstrategieë wat vir gesonde groei gediversifiseer moet word nie, maar ook ons strategie vir geluk.

Die Griekse filosoof, Aristoteles, het een woord gehad vir wat elke persoon graag wil hê, naamlik ‘eudaimonia’ of geluksaligheid. Eudaimonia is ’n gevoel van geluk wat tot ’n gevoel van vervulling lei.

Hierdie lente stel ons die volgende oefeninge vir die diversifikasie van geluk voor.

Oefen jou pad na geluk

Noudat dit buite warmer word, is dit tyd om ons liggame weer aan die beweeg te kry. Navorsing toon dat oefening mense gelukkiger maak as geld. Diegene wat aktief bly, kan stres beter hanteer, het sterker immuniteit en beleef minder dae waarop hulle neerslagtig of terneergedruk voel.

Dit beteken nie dat te veel oefening nie sleg is nie – dis belangrik om ’n gesonde balans te handhaaf en nie te veel te oefen nie. Te min of te veel oefening kan albei nadelig wees vir ons gevoel van geluk, maar ’n gesonde balans is ’n kragtige manier om eudaimonia te ervaar.

Stel ervarings en mense bo besittings

Oefening is nie die enigste manier om gelukkiger te wees nie; ons kan ook in ervarings belê. In plaas van om ’n luukse motor te koop, oorweeg dit om vir ’n gesinsvakansie te spaar. Breek ’n bietjie weg van die werk af om saam met vriende te verkeer en tyd saam met jou gunstelingmense deur te bring.

Glo in iets groter as jouself

Wanneer ons buite ’n werkverhouding tyd saam met ander mense deurbring, word dit makliker om iets groter as ons werklikheid te sien en daaraan te glo. Dit gaan nie oor geloof of godsdiens nie, dit gaan oor verbondenheid.

As ons meer maniere wil vind om in ons eudaimonia te belê, moet ons vrygewig teenoor ander wees.

Vervulling, geluk en produktiwiteit behoort te groei wanneer ons ’n bydrae tot ander maak. Dis ’n gesonde sirkel van volhoubare groei wat nie van markprestasie of banksaldo’s afhanklik is nie. Wanneer ons bereid is om diepgaande vrae te vra en ’n dieper betekenis in ons welvaart te vind, kan ons eudaimonia begin ervaar.

Kom ons diversifiseer nie net ons beleggings nie, maar ook ons geluk.

Contact Us

Please complete the following information.

Sanlam Life Insurance is a licensed financial service provider.
Copyright © Sanlam