Stay safe online. Now more than ever it’s important to be cybersafe. See our tips to help you stay safe online. Learn more
Skip Ribbon Commands
Skip to main content
Sanlam Investments
Skip Navigation LinksMedia Centre
 

​​​​​​Ses Minder Bekende Bebruike van Lewensdekking

5 September 2018

Lewensversekering is heel moontlik een van die dinge in die lewe wat die teensinnigste gekoop word. Ons hou nie een daarvan om aan ons sterflikheid te dink nie, maar het jy geweet dat lewensdekking meer kan bied as net finansiële sekuriteit vir jou geliefdes wanneer jy te sterwe kom?

“Baie van ons koop ons eerste lewensdekkingpolis wanneer ons ouers word of wanneer ons eiendom koop. Lewensdekking het egter ook ander, minder ooglopende gebruike. Sommige opsies kan jou weliswaar finansiële sekuriteit gee terwyl jy nog leef,” sê David Thomson, Senior Regsadviseur by Sanlam Trust.

Om Jou Eiendom te Verseker

Hoewel sommige banke miskien nie vereis dat jy ’n lewenspolis sedeer om ’n verband te kry nie, sê Thomson dit sal jou nog steeds help om ’n polis uit te neem. “Ongeag of jy kinders het of nie, jy sal waarskynlik nog steeds jou eiendom eerder aan jou agterblywende familielede wil nalaat as om dit deur die bank te laat terugneem. Dit kan jou geliefdes die geleentheid gee om dit teen markwaarde te verkoop as hulle dit nie wil hou nie."

Om Jou Onderhoud te Verseker

Thomson sê as jy onderhoud kry as gewese gade of vir jou kinders, moet jy oorweeg om ’n lewenspolis op die lewe van die onderhoudbetaler aan te gaan. “As ’n polis in plek is, kan dit by die dood van die onderhoudbetaler die voortsetting van onderhoudbetalings verseker. Dit is ook raadsaam om byvoordele soos ongeskiktheidsdekking en inkomstebeskermingsvoordele by die lewenspolis te voeg, sodat jy steeds die finansiële ondersteuning kan kry selfs wanneer die persoon wat die onderhoud betaal, weens ongeskiktheid of siekte nie meer kan werk nie,” verduidelik Thomson.

Om vir Uitstaande Skuld Voorsiening te Maak

Thomson sê ook dat ’n mens vir moontlike uitstaande skuld voorsiening moet maak, veral skuld op bates wat jy besit, soos voertuie en/of besigheidsbates en besigheidsbates waarvoor jy borg staan. “As daar nie genoeg geld in jou boedel is om jou uitstaande skuld te dek nie, kan krediteure op jou familie se bates beslag lê en hulle kan moontlik hierdie bates verloor. Indien jy besigheidsvennote gehad het en nie jou besigheidsbates van jou persoonlike boedel geskei het nie, sal jou vennote dalk ook gedwing word om die besigheid te sluit.”

Om Jou Boedel af te Handel

Wanneer jy te sterwe kom, kan boedelbelasting op jou boedel betaalbaar wees, en jou familie sal ’n fooi aan die eksekuteur moet betaal om jou boedel af te sluit. Thomson sê baie boedels in Suid-Afrika het nie genoeg kontant nie, met die gevolg dat eksekuteurs gedwing word om van die bates wat aan erfgename bemaak is, te verkoop om die boedel te kan afhandel. Jy sal ook kontant nodig hê om onderhoudseise van jou gade en/of jou eks te vereffen, asook die kinders wat jy agterlaat.

Om ’n Trust te Kapitaliseer

Die opbrengs van ’n lewenspolis sal gewoonlik teen persoonlike krediteure en insolvensie beskerm wees indien die polis reeds minstens drie jaar van krag is. Indien ’n trust as die begunstigde van die opbrengs van ’n versekeringspolis benoem word, kan die trustees die opbrengs beskerm van ’n lewenspolis wat andersins moontlik deur onverantwoordelike erfgename verkwis kan word.

Om jou besigheid te verkoop

Jy het moontlik ’n sleutelwerknemer of ’n vennoot as ’n kandidaat geïdentifiseer om die besigheid by jou oor te neem wanneer jy aftree of te sterwe kom, of as jy nie meer kan werk nie. Hierdie persoon sal geld nodig hê om jou besigheid by jou te koop of minstens ’n deposito te betaal. Indien ’n behoorlike ooreenkoms in plek is, kan ’n polis wat deur daardie persoon uitgeneem is die fondse hiervoor verskaf.

Hoewel dit miskien na ’n moeilike taak lyk, moenie bekommerd wees nie – met behoorlike advies en leiding kan ’n bekwame finansiële adviseur jou help om ’n volledige finansiële plan saam te stel en te bereken hoeveel dekking jy nodig het om al hierdie behoeftes te dek.

Contact Us

Please complete the following information.

Sanlam Life Insurance is a licensed financial service provider.
Copyright © Sanlam